Skip to main content

Netcare wil sy 60-bed Bougainville-hospitaal in Pretoria-Wes verkoop. Die hospitaal het sy deure vir die eerste keer in 1997 geopen.

Johan Smal, die streekdirekteur van Netcare se Noordoos-streek, het in kommentaar oor die ontwikkeling gesê tensy ’n geskikte koper gevind word, sal die hospitaal sy deure op 30 April 2022 sluit.

In die uiteensetting van die redes vir die sluiting van die fasiliteit, het Smal gesê dat Netcare se hospitaalafdeling voortdurend strategiese hersiening van sy bateportefeulje gedoen het en dat Netcare Bougainville Hospitaal vir ‘n lang tydperk as ‘n onderpresterende fasiliteit geïdentifiseer is.

“Die hospitaal se onderprestasie het geheers van voor COVID-19 en dit is die afgelope 24 maande verder vererger deur die nadelige gevolge van die pandemie. Hierdie en ander omstandighede het dit onekonomies gemaak om die Netcare Bougainville-hospitaal in die huidige besigheidsomgewing te behou.

“Ons was in oorleg met personeel, dokters en fasiliteitsbestuur om hulle in kennis te stel dat die hospitaal dalk moet sluit. Daarbenewens is die departement van gesondheid, vakbonde en ander sleutelbelanghebbendes deeglik op hoogte gehou van verwikkelinge,” het hy bygevoeg.

Sydney Masalla, die hoofbestuurder van Netcare Bougainville-hospitaal het bevestig dat daar tans net drie inwonende spesialiste by die hospitaal op die perseel is wat ook by ander fasiliteite werk. “Daarbenewens het ons net 37 aktiewe personeellede met wie ons in gesprek is oor lewensvatbare alternatiewe indiensnemingsopsies.”

Leave a Reply