Die VSA se voormalige president, Donald Trump, het Saterdagaand tydens sy veldtogsaamtrek 40 myl noord van Houston die presiese boodskap gelewer wat sommige Republikeine gretig was om te hoor: President Biden en die Demokratiese Party is onbevoeg, en Republikeine moet in die middeltermynverkiesing stem om die meerderheid sitplekke terug te neem in die kabinet (kongres).
Trump het ook ‘n kwytskelding-wortel voorgehou vir gearresteerde oproeriges. Hy het sy ondersteuners genoop om na Atlanta, New York, of Washington op te ruk en straatprotesaksies van stapel te stuur mits hy skuldig bevind word aan misdade wat tans ondersoek word.