Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n interne ondersoek geloods na die beweerde betrokkenheid van ‘n Athlone-polisiesersant, Giovanni Gabriels, tydens die marteling wat tot moord gelei het van die 36-jarige Adam Isaacs.
Isaacs was in hegtenis vir vermoedelike dwelmverwante misdade onder leiding van Gabriels. Isaacs het tien dae na sy opname in ‘n hospitaal aan sy beserings beswyk.
Gabriels se voormalige baas, die Athlone-stasiebevelvoerder, Kolonel Mark Adonis, vorm nou deel van die nuwe ondersoek wat deur die polisiekommissaris, Khehla Sitole, na ‘n parlementêre vraag aangekondig is, aangesien hy nie bewerings dat staflede onder sy bevel deel was van die aanranding, ondersoek het nie.
Sitole het bevestig dat Adonis se kantoor nie Gabriels ondersoek of opgetree het ná Isaacs se dood in die hospitaal nie. Dit het beteken dat Gabriels nie op skorsing geplaas is nie – ‘n voorsorgmaatreël teen verdere wangedrag – of aan ‘n dissiplinêre verhoor onderwerp is nie.
Gabriels is in September 2020 deur die polisiediens na Lambertsbaai oorgeplaas.
Bewerings deur verskeie Lambertsbaai inwoners dat Gabriels ook vir hùlle gemartel het, het ook na vore gekom.