Skip to main content

Die Automobielvereniging het weereens gevra vir die hersiening van die brandstofprys ná die onlangse brandstof prysverhogingsaankondiging.

Die departement van minerale bronne en energie het Maandag aangekondig dat albei grade petrol vanaf Woensdag 53 sent meer per liter sal kos.

Die prys van diesel sal met sowat 79 en 80 sent styg vir die verskillende grade en verligtingsparaffien sal ook met R1,01 styg.

Die brandstofprysverhoging kom nadat Lesetja Kganyago, die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ‘n verhoging van 25 basispunte in die repokoers tot 4% in Januarie aangekondig het en ‘n dreigende Eskom-tariefverhoging voorafgaan.

Die AA se Layton Beard het gesê daar is duidelik ‘n behoefte aan ‘n brandstofpryshersiening.

“Die petisie om die brandstofprys te hersien is besig om momentum te kry en byna 25 000 mense het reeds die petisie onderteken wat die regering versoek om ’n hersiening van al die komponente van die brandstofprys te inisieer asook om ’n oudit van alle bestaande elemente uit te voer om vas te stel of hulle steeds toepaslik en korrek is,” het Beard gesê.

Die AA het ’n beroep op die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gedoen om later vandeesmaand ’n hersiening in sy begroting aan te kondig.

Sedert die aanbreek van die Covid-19-pandemie is baie Suid-Afrikaners onder geweldige finansiële druk en dit lyk nie of daar enige verligting in sig is nie.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!