Skip to main content

Aphiwe Dike (27), Siso Jonas Kulunga (27) en Njabulo Malapane (26) is Donderdag deur Transnet-sekuriteitspersoneel gearresteer vir diefstal en die besit van Transnet-batterye.

Die Transnet-sekuriteitspersoneel het ‘n Nissan NP300 by Saaiwater Transnet-behuising in Ogies voorgekeer nadat hulle items by die Saaiwater-spoorwegstasie gelaai het. Daar was drie mans in die bakkie en nog drie agterop.

Nadat die die bakkie gestop het, het drie mans wat agterop was weggehardloop en die ander drie is in hegtenis geneem. Lede van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoek wat in Middelburg gesetel is, is ontbied.

Tydens die soektog is 12 Transnet-batterye ter waarde van R144 000.00 agter op die bakkie gevind. ‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagtes werknemers van Transnet was.

Die verdagtes is aangekla en hof toe geneem. Hulle is in aanhouding en die saak is tot 4 Februarie 2022 uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek

Leave a Reply

error: Content is protected !!