Skip to main content

“Die Covid-19-pandemie het getoon dat digitale opleiding nou nodig is, nie in die toekoms nie,” sê Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys.

Sy het Vrydag op ‘n regeringvergadering gesê dat onderwysers en skoliere die nodige tegnologiese toestelle moet kry sodat hulle beter toegerus is vir die toekoms.

Volgens haar is die onderwysdepartement besig om ‘n nuwe program vir aanlyn-onderrig en afstandsonderrig te ontwikkel. Sy beplan dat elke onderwyser/es ‘n skootrekenaar kry voordat haar termyn verstryk en dat daar volle databeskikbaarheid in alle basiese onderwyskantore regoor die land sal wees.

Motshekga wil ook ‘n ‘kurrikulumversterkingsproses’ aan die gang kry.

“Die versterkte kurrikulum moet die kennis, vaardighede en bevoegdhede wat bereik moet word, uitdruklik vermeld. Die kurrikulum moet inklusief vir almal wees, en skole moet toepaslike hulpbronne kry om 21ste-eeuse vaardighede aan te leer,” het sy gesê.

Motshekga wil ‘n taakspan stig wat sal kyk hoe kennis, vaardighede en bevoegdhede eksplisiet in Kurrikulum Assessering Beleidsverklarings (KABV) aangevul kan word sodat leerders se vordering van ‘skool-na-werkersklas’ ‘n gladde transformasie sal wees.

“Die nuwe kurrikulum moet die assesseringstelsel in alle grade heroorweeg om in lyn te wees met bevoegdheids- en vaardigheidsassessering in plaas van inhoud- en kennisassessering.”

Motshekga het gesê haar departement sal ook leertyd verhoog deur ekstra klasse te verskaf, skoolbywoning elke dag af te dwing en leerders meer huiswerk te gee.

Leave a Reply

error: Content is protected !!