Skip to main content

 

4 Februarie is ‘RudiTheOutsider’ se groot aand. Hy stel sy eerste studio-opgeneemde lied by Cafe Barcelona bekend.

Hoekom is dit ‘n ‘groot aand’? Dit is die wêreldwye bekendstelling van een van sy liedjies, Serendipity, ‘n persvrystelling en bekendstelling aan 80 internet en radiostasies, asook platforms soos Spotify en Apple Music. Hy gaan ook meer as tien ander van sy eie oorspronklike liedjies, wat geïnspireer is deur sy vrou, wie ook sy muse is, sing.

Rudi het as ‘n 14-jarige tiener op straat beland en moes oorleef deur allerhande vindingryke dinge te doen om aan die lewe te bly. Sy lewe verander handomkeer toe hy 10 jaar gelede sy vrou ontmoet het.

Rudi skryf al sy hele lewe lank liedjies en die afgelope 10 jaar het hy ‘n bestaan gemaak deur as ‘n straatmusikant op te tree.  Hy het oor die jare meer as 100 oorspronklike liedjies geskryf in verskeie genres. Rudi se musiek en lirieke spruit voort uit intense hoogtepunte en laagtepunte in sy lewe

Vir meer inligting, besoek gerus https://www.facebook.com/events/509436247038804

Rudi se e-pos adres: info@ruditheoutsider en sy webbladsy www.ruditheoutsider.com

Leave a Reply