Karen “Noeksie” Hauptfleisch is ‘n 57-jarige vrou wat nie die woord ‘onmoontlik’ in haar woordeskat het nie.
In 1982 wou sy óf ‘n vlieënier of ‘n jokkie word, maar daar was nie plek vir vroue in daardie beroepe nie. Sy was aangeraai om eerder ‘n onderwyseres te word. ‘n Engelse een, aangesien dit in daardie jare as die beste beroep gesien was.
Nooit gesien nie! Watwou onderwys swot? Nie vir ‘n persoon wat vir groter dinge bestem was nie.
“Ek moet bieg dat ek baie impulsief is. Na baie fietsry moes ek ‘n knie-operasie kry, en op pad teater toe het die idee in my kop gekom dat ek Kilimanjaro gaan klim. Op daardie stadium was die enigste ding wat ek van daardie berg geweet het, sy naam. Ek het vir die chirurg gesê hy beter ‘n goeie werk op my knieg doen want teen Desember wil ek hierdie imposante berg takel.
In ‘n bloedsuier-moeras in Congo
“Alles het toe ook so gebeur. Die oomblik wat ek my voete op die berg gesit het, het die liefde vir bergklim my heel ingesluk.
“Daarna het ek per toeval vir Sarel van Rensburg ontmoet, en hý was die persoon waarmee ek begin saamstap het. Sy passie was die lont wat my liefde vir stap en die berge aan die brand gesteek het.
“Bergklim is nie net ‘n fisiese uitdaging nie. Dit is beslis ‘n emosionele een ook.
Jebel Banat in Egipte
“Ek gaan altyd in ‘n groep wanneer ek na Afrika lande reis, en pak hierdie ekskursies aan met mense wat nie omgee as daar nie luukse dinge soos toilette of sagte beddens is nie.
“Ek wil graag omgewingsbewustheid regoor Afrika kweek, terwyl ek die sonsopkoms op elk van Afrika se pieke sien! Ek was nou al in 52 van die 54 lande, en as dit nie vir Covid was nie, was ek in almal. Ek sal die eerste vrou wees wat dit sal doen en dit was nog net een keer deur ‘n man gedoen.”
“Mount Rwenzori in Uganda was absoluut my gunsteling nagmerrie, as mens dit so kan noem. Ek was onsettend bang en ek het besef dat my impulsiwiteit dalk kon veroorsaak dat hierdie die domste ding was wat ek nog ooit gedoen het. Ek het dit oorleef, maar waar ek ‘n paar jaar gelede gesê het dat ek nooit ooit weer Rwensori met sy 20 m gletser sal aanpak nie, gaan ek dit dalk weer moet doen om by ‘n ander piek uit te kom. “
In Uganda
Karen woon in Pretoria en sy kan nie wag om die laaste twee berge in haar emmerlysie, Eritrea en Soedan, kan byvoeg nie.