Dis nie net gewone mense wat onwettig drade koppel aan Eskom se netwerke wat infrastruktuur beskadig laat deur oorlading nie. Eskom se eie werkers steel net so lekker krag.
In die 2020/2021-boekjaar het Eskom 34 492 voorvalle geïdentifiseer waar sy eie werknemers met hul elektrisiteitsmeters gepeuter het.
Verbruikers is vindingryk in hul pogings om minder of selfs niks vir krag te betaal nie. Sommiges omseil die meters deur dit stadiger te laat draai of selfs vir dae of weke aaneen te laat stilstaan terwyl hulle steeds elektrisiteit het.
Eskom het beraam dat die koste van energiediefstal weens hierdie vandalisme gedurende die 2020/2021-boekjaar R2,318 miljard beloop het.