Nog 117 Covid-19-sterftes is in Suid-Afrika bevestig.
Die jongste syfers bring die totale aantal bekende Covid-verwante sterftes op 95,022 te staan. 2 226 nuwe mense het positief getoets vir Covid die afgelope 24-uur.
Gauteng het byna 800 gevalle wat aangemeld is. Die Wes-Kaap volg dit met 351 gevalle. Die land se positiwiteitskoers staan op 9,5% persent.
Die departement het gesê dat daar ‘n vertraging in die vrystelling van Covid-19-verwante sterftes kan wees as gevolg van ‘n deurlopende ouditoefening. Die jongste beskikbare inentingsdata toon dat net meer as 29,8 miljoen entstowwe tot dusver in Suid-Afrika toegedien is.