Skip to main content

Vir baie mense is die naam Avzal Ismail sinoniem met jazz en Latyns-Amerikaanse musiek.

Hierdie begaafde pianis is nie net ‘n groot naam in Suid-Afrika nie, maar hy het al regoor die wêreld opgetree. Stede soos Dubai, Vancouver, Beijing, en Lissabon se verhoë was al die platform vanwaar musiekliefhebbers sy talent kon geniet.

Hy was inwonende pianis by die Ritz Carlton Hotel in Bahrain, Sun City in Suid-Afrika en Royal Meridien om maar ‘n paar op te noem.

Ismail se tyd word verdeel tussen Suid-Afrika, Londen en Kanada waar hy gereeld saam met groot name skouers skuur. Toe Bosendorfer hul nuwe beperkte uitgawe van een van hul klaviere bekend gestel het, was hý die man wat die klawers vir die wêreld moes streel.

Alhoewel Ismail tans in gesprekke is om ‘n orkes saam te stel met met verskeie musikale wonders van die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika, sal hy tussen-in tyd kan afknyp vir privaat optredes, optredes by korporatiewe funksies, of spesiale geleenthede. Hy kan as solo klavierspeler optree, of as ‘n duo, trio of kwartet.

As julle van sy wêreldklas dienste wil gebruik maak, stuur ‘n e-pos na vantagemusic1@gmail.com of kontak hom by 063 213 7095.

Leave a Reply