‘n Saak is teen ‘n man van Bronkhorstspruit geopen nadat ‘n meisie na bewering by die skool op die dorp verskeie kere seksueel aangerand en verkrag is.
Die voorvalle het na bewering by die skool plaasgevind, waar die beskuldigde ook op die Beheerliggaam dien.
Die ondersoekbeampte het aan Die Waarheid bevestig dat die polisie ‘n goed voorbereide saak teen die verdagte het.
Die skool het die voorgeskrewe stappe gevolg, maar wil in die stadium nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie. Hulle verkies om onpartydig te bly totdat die beskuldigde sy saak kan stel.
Die skool is bereid om hul volle samewerking te gee maar is nie in die posisie om verdere kommentaar te lewer nie.