Deon Johnston, ‘n bekende Suid-Afrikaanse akteur, stemkunstenaar en skrywer sal op 4 Maart saam met die alom bekende Lizz Meiring te Upper Deck, 214 President Straat, Presidentsrus, Middelburg (Mpumalanga) optree.
Johnston, ‘n bekende op radiodramagebied, sal een of twee sketse uit sy towersak tevoorskyn bring om die gehoor mee te vermaak.
“Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd is ek weer op die verhoog te sien – en dit nogal saam met niemand anders as die befaamde, beminde, en bekroonde, Lizz Meiring. Mense van Middelburg, Witbank, Secunda, en omgewing, ruk in julle honderde op vir wat na alle aanduidings ‘n werklike besonderse geleentheid gaan wees,” sê Johnston.
Cordelia, ook bekend onder meeste Afrikaanssprekendes, sal as gaskunstenaar optree.
“Al hierdie vermaak vir ‘n skamele R100 noot beloof om elke sent werd te wees.”