Skip to main content

Eskom, wat besig is om sy transmissiebesigheid op dreef te kry, moet aan twee voorwaardes voldoen voordat die nuwe been van die maatskappy kan handel dryf: ‘n lisensie bekom van die Nasionale Energiereguleerder van SA (Nersa), en toestemming kry van sekere van Eskom se krediteure.

Die Nasionale Transmissiemaatskappy (SA) is verlede jaar as ‘n staatsbeheerde entiteit en ‘n volfiliaal van Eskom geregistreer.

Die opdeling van Eskom en die stigting van ‘n transmissiemaatskappy wat die nasionale netwerk sal besit, is ‘n belangrike eerste stap om die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf te transformeer en ware mededinging in te stel. ’n Onafhanklike netwerkmaatskappy, selfs al is dit ’n filiaal van Eskom, sal elektrisiteit op ’n mededingende grondslag van ’n verskeidenheid produsente – beide Eskom se eie kragstasies en onafhanklike kragprodusente – koop.

Leave a Reply

error: Content is protected !!