Skip to main content

Die bejaarde boer, Hedley James Brown wat die afgelope naweek wreedaardig op sy plaas in die Leeurivier-omgewing buite Howick in KwaZulu-Natal vermoor is, se familie het nog oor sy vrou wat vier maande gelede aan kanker oorlede is getreur.

Brown, se liggaam is Maandagoggend in die tuin buite sy huis aangetref. Daar is ‘n moontlikheid dat hy dalk al Vrydagaand vermoor is. Hy was vasgebind, twee steekwonde aan sy rug is waargeneem sowel as verskeie beserings aan sy gesig.

Die polisie se provinsiale woordvoerder, Kolonel Thembeka Mbele, het die voorval bevestig.

Solly Segal, een van Brown se hegte vriende, het gesê dat hy Brown verlede Vrydag nog gesien het en dat hy gelief was onder die hele gemeenskap.

Denis Bellingan, Brown se swaer, het gesê die Brown-egpaar was van plan om na Langebaan in die Wes-Kaap te verhuis, maar dat hy besluit het om op die plaas aan te bly na sy vrou Judy se dood.

Brown het ten tyde van sy dood alleen op sy plaas, waar hy met beeste geboer het, gewoon.

Geen verdagtes is al aangekeer nie en die polisie-ondersoek duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!