Moet nooit gevlekte banknote aanvaar nie, aangesien dit waarskynlik verkleur is as gevolg van inkkleurstof wat in sekuriteitstoestelle soos OTM’e gebruik word.
OTM’e hou kontant in spesiale houers wat kontant beskerm met kleurstof-tegnologie wat geaktiveer word wanneer iemand probeer om die houer oop te breek. Sodra dit geaktiveer is, word die kontant met ‘n groen kleurstof gekleur, wat die note dan onbruikbaar maak.
Die note het geen geldwaarde sodra hulle inkmerke op het nie.
Indien jy wel sulke note in jou besit het maak jy jouself skuldig aan ‘n kriminele oortreding.
Indien jy weet van enige persoon wat sulke note in sy of haar besit het, meld dit onmiddelik aan by Crime Stop by 08600 10111.