‘n EFF-raadslid wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vals ‘Tracy Zille’-rekening gebruik het om haatlike opmerkings te versprei, is nou as ‘n EFF LP ingesweer. Dìt nadat sy partybase vir hom die weg gebaan het om ‘n lid van die Parlement te word.
Anthony Matumba, ‘n voormalige raadslid wat van die Makhado Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo kom, is na bewering die persoon agter die vals Twitter-rekening “@Tracy Zille”, wat gebruik is om neerhalende, rassistiese en haatlike kommentaar te versprei.
Woensdag het die Speaker van die Nasionale Vergadering sy beëdiging en dié van ‘n mede-EFF-lid voorgesit. Die beëdiging is op die EFF se sosiale media-rekeninge bevestig.