Skip to main content

‘n Verslag deur die versekeringsgroep AON toon dat erge weergebeurtenisse, oorstromings en die Tafelberg-veldbrand gelei het tot $175 miljoen, of sowat R2,7 miljard, se ekonomiese verliese vir Suid-Afrika in 2021.

Hierdie gebeure was een van die “wêreldwye rampe” wat gelys is in multinasionale AON se 2021 Weather, Climate and Catastrophe Insight-verslag, wat hierdie week gepubliseer is.

Die verslag toon dat daar 401 natuurrampgebeure wêreldwyd was in 2021. Hierdie gebeure sluit tropiese siklone, oorstromings en veldbrande in. “Ongeveer 10 500 mense het hul lewens verloor weens wêreldwye natuurrampgebeure in 2021,” lui die verslag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!