Skip to main content

In die grafiese woorde van John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie (DA): die afgelope twee weke het twee vergaderings van die Johannesburgse metropolitaanse raad ‘in chaos verval’.

Dit is grootliks as gevolg van herhaalde ontwrigtings deur raadslede van die African National Congress (ANC) en die Economic Freedom Fighters (EFF).

In November 2021 se plaaslike regeringsverkiesing het ANC-steun regoor die land tot onder 50% gedaal en die regerende party het beheer oor Johannesburg en baie ander plaaslike rade verloor. ‘n DA-geleide koalisie wat Action SA, die African Christian Democratic Party, die Congress of the People (Cope), die Inkatha Freedom Party, en verskeie ander opposisie-entiteite betrek het, het toe saamgekom om beheer te neem van sommige van die 66 ‘gehangde’ rade omdat geen party daarin geslaag het om ‘n meerderheid te verkry nie.

Hierdie koalisie kon egter nie ‘n meerderheid in die Johannesburgse raad verseker nie. Die DA en sy bondgenote het nietemin drie weke ná die verkiesing ‘n nominale beheer oor Johannesburg gewen, toe EFF-raadslede onverwags gehelp het om ‘n DA-speaker en burgemeester in te stem. Die EFF-stem was in ooreenstemming met Julius Malema, die EFF-leier, se vasberadenheid om die ANC uit die mag in Gauteng se groot metro’s te hou. Nou lyk dit egter of die EFF saam met die ANC werk om die Johannesburg-raad lam te lê.

Tydens die raad se eerste vergadering op 13 Januarie 2022 het die DA-geleide koalisie beplan om die voorsitters van verskeie portefeuljekomitees te verkies, saam met die ‘hoof van voorsitters’. (Hierdie poste verskaf aan amptenare beduidende invloed oor begrotings en aanspreeklikheidsmaatreëls, terwyl die ‘voorsitter van voorsitters’ grootliks die raad se program bepaal.)

Die koalisie het verwag dat die voorsitterstoel soos by vorige geleenthede met ’n opsteek van hande verkies sou word, maar ANC- en EFF-raadslede het geëis dat ’n geheime stemming eerder gehou moet word. Toe hierdie eis afgewys is, het die ANC gebruik gemaak van wat hy eufemisties genoem het ‘sing en stoot’ (singing and pushing) en verrigtinge tot stilstand gebring. Die ‘druk’ daarvan was kragtig genoeg om sommige raadslede te beseer, wat die DA-burgemeester, Mpho Phalatse, aangespoor het om aanklagte van aanranding te lê.

’n Tweede vergadering is op Dinsdag 18 Januarie gehou, maar ook dit is herhaaldelik ontwrig deur raadslede wat ligsinnige besware geopper het en koukuspouses geëis het. Die middag het ANC en ander raadslede (soos Business Day berig het) ‘die raadsvloer bestorm, gebalde vuiste opgelig en struggle-liedjies gesing’, terwyl EFF-raadslede die DA-speaker getart en hulself ‘gevegsgereed’ verklaar het.

Later die dag het die DA-geleide koalisie, met die steun van die Patriotic Alliance, die verkiesing van Cope se Colleen Makhubele as ‘hoof van voorsitters’ verseker. Maar ANC- en EFF-raadslede het toe die kamer verlaat, die raad van ‘n kworum ontneem en die stemming oor die ander poste verhinder.

Eunice Mgcina, ANC-hoofsweep, het saam met die ANC-koukusleier en vroeëre burgemeesterskandidaat Mpho Moerane ontken dat enige geweld plaasgevind het. “Niemand is daar geslaan nie,” het me Mgcina aan Newzroom Afrika gesê. “Ek het nie bloed op die vloer gesien nie”, het mnr Moerane op SAfm bygevoeg. Daar was net ‘gesing en gedruk’ en ‘die stoot was tydens die sangperiode’, het hy gesê.

Mnr Moerane was ook vinnig om die raad ‘disfunksioneel’ te noem en die DA hiervoor te blameer. ‘Die DA is nie in beheer van hul koalisie nie’, sê hy. Ten spyte van die bewyse van die teendeel, dring

Leave a Reply

error: Content is protected !!