26 Januarie 1896
’n Onderwysersopleidingskollege in Suid-Afrika het op 26 Januarie 1896 in Wellington, in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, geopen. Dit was ‘n nedersetting van die 1688 Franse Hugenote-vlugtelinge en hierdie streek was bekend as: ‘Limiet Vallei’.
Dr. Andrew Murray, ‘n predikant in die NG Kerk, was instrumenteel in die ontwikkeling van vroeë tersiêre onderwys in Suid-Afrika, veral vir vroue, wat Wellington bekend gemaak het as ‘n onderwyssentrum in die land.
Die fondamentsteen vir die gebou, Murray Hall, is gelê op 19 November 1874. Hierdie gebou het ook gedien as ‘n koshuis vir meisies en vroue, die Hugenote Universiteitskollege en die Onderwyskollege en is nou deel van die Boland Onderwyskollege.
Verwysings
Wellington Museum, Education, from Wellington Museum, [aanlyn], Beskikbaar by media1.mweb.co.za/wellingtonmuseum [Besoek: 23 Januarie 2014]