Skip to main content

Gauteng Metrorail sê ‘n ondersoek is aan die gang nadat twee nuut gelanseerde treine gister in Tshwane gebots het.

Die pendelspoordiensoperateur sê ‘n trein wat van die Mabopane-stasie af gekom het, het ‘n tegniese fout buite die Soshanguve-depot ondervind, wat tot die ongeluk gelei het.

Dit is nog nie duidelik wat die koste van die skade is nie. Lillian Mofokeng, Gautengse Metrorail-woordvoerder, sê die treine het agt personeellede aan boord gehad en geen pendelaars ten tyde van die voorval nie.

Leave a Reply