Duisende motoriste moes oornag gered word nadat hulle op ‘n snelweg by die Griekse hoofstad, Athene, gestrand was in ‘n fel sneeustorm.
Alhoewel meer as 3 500 mense Maandag gered is, moes sowat 300 bestuurders op die Attiki Odos-snelweg oornag.
Groot dele van die hoofstad is sonder krag en netwerkoperateurs spook om dit te herstel.
Owerhede sê die storm, genaamd Elpida, sal tot vandag voortduur.
Oornagtemperature het tot -14C gedaal.
Mense is aangemoedig om binnenshuis te bly en glad nie met karre die paaie aan te durf nie.
Turkye, ‘n buurland, is ook deur die gure weer getref, met tot 31 duim sneeu wat in dele van die land geval het.
Istanbul-lughawe, een van die wêreld se grootstes, is Maandag deur owerhede gesluit nadat aanloopbane onder ’n dik sneeukombers begrawe is en die dak van een van die vragterminale onder swaar sneeu ineengestort het.
Baie passasiers was op die lughawe gestrand.