Skip to main content

Die ANC-LP, Mervyn Dirks, het sy dringende hofaansoek verloor om weer toegelaat te word na die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge vir ‘n vergadering wat gister plaasgevind het.

Sy dringende aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof is ure voor die vergadering aangehoor. Regter Andre la Grange het beslis die saak is nie dringend nie en het dit van die rol geskrap met koste.

Die vergadering was bedoel om bewerings te bespreek dat president Cyril Ramaphosa nie inligting oor die ANC se gebruik van openbare fondse vir sy veldtog aan owerhede deurgegee het nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!