’n Militêre groep het gisteraand die staatsgreep in Burkina Faso in ’n media-inligtingsessie bevestig en die opskorting van die land se Grondwet aangekondig.
Die Patriotiese Beweging vir Beskerming en Herstel het deur ‘n woordvoerder gesê hulle het die mag van president Roch Kabore weggeneem.
Die leier van die groep is geïdentifiseer as luitenant-kolonel Paul Henri Sanadaogo Damiba.
Die groep, wat sommige top-staatsamptenare in hegtenis geneem het, het gesê nie een van hulle is in die staatsgreep beseer nie, en het bygevoeg dat die operasie sonder bloedvergieting plaasgevind het.
Die muitende soldate het ‘n reeks beperkings vir die land aangekondig, insluitend ‘n landwye nagverbod, berig CGTN.
“Die grondwet is opgeskort,” het kapt Sidsore Kader Ouedraogo gesê. “Tweedens is die regering ontbind, derdens is die Nasionale Vergadering ontbind, vierdens is land- en luggrense gesluit vanaf 24 Januarie 2022, laastens is ‘n aandklokreël van 9:00 nm. tot 5:00 vm. ingestel.”