Skip to main content

Die gewapende mans wat ‘n adjunkskoolhoof by ‘n skool in Tembisa vermoor het, is steeds op vrye voet.

Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Mavela Masondo, het gesê die ondersoek is aan die gang.

Vrydagmiddag is Thembisile Ngendane, ‘n adjunkskoolhoof van Tembisa, in die oprit van die Sekondêre Skool Phomolong doodgeskiet.

“Drie gewapende mans het skielik verskyn en haar na bewering drie keer deur die passasiersvenster van haar kar geskiet,” het Steve Mabona, die woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, gesê.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!