‘n Boer van in sy sewentigs is gisteroggend op sy plaas buite Howick in KwaZulu-Natal vermoor.
Midlands EMS Howick se paramediese span het die toneel in die KwaZulu-Natalse Middellande gisteroggend om 07:00 bygewoon.
“Met aankoms is gevind dat een persoon in sy sewentigs noodlottige beserings opgedoen het en buite die huis vasgebind was. Die pasiënt is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”
Polisie se provinsiale woordvoerder, Kolonel Thembeka Mbele, het die voorval bevestig.
“Die Polisie het ‘n klagte ontvang van ‘n moord by ‘n plaas in Howick. Met hul aankoms is die liggaam van ’n 70-jarige man uitgewys wat buite die huis gelê het met wonde aan sy gesig en twee steekwonde.”
Die boer se identiteit is met die skryf van die berig nog nie bekend gemaak nie.
Mbele sê daar word drie vuurwapens en ‘n skootrekenaar vermis.
“Klagtes van moord en roof is by Howick-polisiestasie geopen.”