Op 24 Januarie 1960 is nege polisiemanne deur ‘n woedende skare by Cato Manor in Durban vermoor. Die voorval het gebeur ná ‘n klopjag deur die polisie op soek na onwettige drank. Dit was in ‘n tyd toe die polisiemanne probeer het om swart mense met geweld uit Cato Manor, ‘n gebied wat deur beide Swartes en Indiërs bewoon was, te verwyder.
Spanning was hoog en die polisie is met sterk weerstand begroet. Die polisie het probeer ontsnap, maar is deur die groep oorweldig. Onder die vermoordes was vier Wit polisiemanne en vyf Swart polisiemanne. Dit is glo die hoogste aantal polisielede wat in ‘n enkele voorval dood is. ‘n Noodvergadering is in die Volksraad gehou waar die Minister van Justisie, mnr. Erasmus, geweier het om ‘n geregtelike kommissie van ondersoek na die oproer aan te stel.
Die voorval het ‘n paar weke voor die Sharpeville-slagting plaasgevind, waar 69 mense dood is toe die polisie op betogers losgebrand het, met talle wat ook beseer is.
Verwysings
sahistory.org.za
The Cape Times, (1960), ‘Nege polisie in Durban vermoor’, 25 Januarie, [Beskikbaar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biblioteek, Kaapstad-kampus] bl 1.|
Electric Jive, ‘The Drive-Zone 6 (1976)’, [aanlyn], beskikbaar by https://electricjive.blogspot.com [Besoek op 14 Januarie 2011]