Skip to main content

SA het sy eerste groot lening van die Wêreldbank in die demokratiese era verkry, ná ‘n lang onderhandeling, het die Nasionale Tesourie en die internasionale finansiële instelling Vrydag aangekondig.

Die lening van $750 miljoen (sowat R11,4 miljard), teen ‘n hoogs konsessielike koers, sal ‘n beduidende bydrae lewer om SA se leenkoste vir die jaar te verlaag, wat die afgelope vyf jaar gestyg het namate beleggers SA as toenemend riskant beskou het, berig Fin24.

Die Wêreldbank se gunstige rentekoerse is tipies in die omgewing van 1% of 2%.

Die opbrengs op SA se randgedenomineerde langtermyneffekte, wat die belangrikste manier is waarop die regering finansiering verkry, het tot meer as 9% gestyg.

 

Leave a Reply