Skip to main content

Die provinsiale kommissaris van die polisie in Gauteng, luitenant-generaal Elias Mawela, was in die geselskap van die uitvoerende burgemeester van Johannesburg, raadslid Mpho Phalatse, terwyl hy nog ‘n Operasie O Kae Molao in Johannesburg gelei het. Dié aksie het gelei tot verskeie arrestasies van verdagtes wat ernstige en gewelddadige misdade gepleeg het.

Die operasie, wat Vrydagaand begin het, se resultaat was die opsporing van voortvlugtende verdagtes waartydens speurders vyfhonderd agt-en-sewentig gearresteer het. Hulle word verdink van ernstige en gewelddadige misdade wat moord, verkragting, gewapende roof, seksuele aanranding en motorkaping insluit.

In die tweede fase van Operasie O Kae Molao het die polisie padblokkades uitgevoer om te verseker dat daar geen onwettige goedere en stowwe deur die padgebruikers vervoer word nie en om na gesteelde/gekaapte voertuie te soek. Tydens hierdie padblokkade het die polisie dwelms en ‘n vermoedelik gesteelde voertuig gevind. Meer as 50 mense is gearresteer vir bestuur terwyl hulle onder die invloed van alkohol was.

Verder het die polisie toegeslaan op drankwinkels wat onwettig bedryf word en huise wat gekaap word en vermoedelik misdadigers huisves in Orange Groove en Norwood, Johannesburg. Twee gewilde drankwinkels in Norwood is gesluit en eienaars in hegtenis geneem nadat ontdek is dat hulle nie behoorlike dokumentasie het wat hulle toelaat om so ‘n besigheid te bedryf nie.

Soortgelyke operasies is gelyktydig in Ekurhuleni, Tshwane, Wes-Rand en Sedibeng distrikte uitgevoer waar meer as 1900 verdagtes in hegtenis geneem is nadat hulle verskeie misdade gepleeg het.

Die gearresteerde verdagtes sal mettertyd in verskillende landdroshowe verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!