Skip to main content

Die inwoners in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap is versoek om op die uitkyk te wees vir veldbrande terwyl hittegolftoestande voortduur.

Dié waarskuwing van die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir die erge hitte en moontlike brande sou volgens eNCA tot gisteraand in plek wees.

Saterdag was dit ‘n snikhete dag in die Kaap.

Meer as 60 plantegroeibrande is in die Moederstad aangeteken.

Jermaine Carelse, van die Kaapstadse Brandweer en Redding, het gesê: “Die drie mees noemenswaardige brande sal dié in Ou Kaapse Weg, die vleilandegebied en in Atlantis wees. Ek doen ‘n beroep op inwoners en besoekers aan die Stad Kaapstad om asseblief ons noodnommer 021 480 7700 vanaf enige selfoon te gebruik en enige nood- of brandsituasie aan te meld.”

Leave a Reply