Skip to main content

ISAAC CLOETE

Dis nie aldag dat bandiete ontsnap, maar self terugkeer tronk toe nie.

Die ware, rare, maar skreeusnaakse verhaal van ‘n paar “ordentlike” bandiete het onlangs by die Springbok-gevangenis, gebeur.

Volgens ‘n ingeligte bron was daar laas naweek 30 mans betrokke, maar net twee kon
ontsnap. Hy het aan Die Waarheid gesê: “Dit was ‘n uitgewerkte plan. Die ouens het doodluiters uit die gevangenis gestap. ‘n Voertuig moes hulle vermoedelik buitekant die
gebou gewag het. Hulle is toe daar weg en het onder andere drank, dwelms en tabak gaan koop, by ‘n woonbuurt.”

Na die geheime shopping-spree het  hulle soos wetsgehoorsame burgers met hulle “groceries”  teruggekeer “huis” toe.

‘n Bron na aan die ondersoek het vertel dat die voorval laat Saterdagaand of vroeg Sondagoggemd moes gebeur het. “Hulle het ‘n bed se staalpoot gebruik om van die diefwering weg te buig. In die sel was 30 bandiete van die Springbok-area. Net die twee
skrales kon egter deur die tralies klim en ontsnap.”

Hulle het by die dakvenster uitgeglip nadat hulle dit ook gebreek het, het die nuwe spanne wat op skof gegaan het toe die volgende oggend ontdek.

Dit het later bekend geword dat die twee glo toe ‘n boltcutter en grinder gaan soek het om die diefwering te gaan afsny. Hulle kon dit nêrens kry nie en het toe maar gaan shopping doen en teruggekeer tronk toe.

Die bandiete was reeds op die Springbokhof op 18 Januarie vir die voorval, volgens die polisie. Die shoppers is aangekla van ontsnapping en al 30 slegs kwaadwillige saakbeskadiging. Dit is nie bekend nie wanneer hulle weer in die hof moet wees nie.

Wat egter nie skreeusnaaks is nie, is dat die ontsnappings glo al vorige kere gebeur het, volgens betroubare bronne.

Die waarnemende hoof, van die gevangenis op Springbok, ene A. Kadongo, het gesê dat sy niks kan sê nie omdat sy die betrokke dag nie aan diens was nie.

Leave a Reply