Die Nasionale Departement van Water en Sanitasie (DWS) is bewus van die voorval wat verband hou met moontlike tekorte aan vloeibare gas-chloor van die verskaffer in Kempton Park, Gauteng. As dit sou gebeur, sal die tekorte aan vloeibare gas-chloor ‘n moontlikheid hê om die behandeling van drinkbare water en uitvloeiwater wat deur Waterdiensowerhede (WSA’s), Metro’s en Waterrade bestuur word, te beïnvloed.
DWS se nasionale woordvoerder, Sputnik Ratau, sê hoewel DWS nie van plan is om namens die chloorgasverskaffer te praat nie, glo hy die verskaffer sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat watervoorsiening en uitvloeiwaterbehandeling nie negatief deur die tekorte geraak word nie.
Ratau sê verder dat DWS tot op hede geen berigte ontvang het dat waterrade tekorte aan chloor in hul bedrywighede ervaar nie.
“As die departement hoop ons dat Waterrade, Metro’s en WSA’s spaarvoorrade sal hou wat hulle het totdat tekorte afneem,” sê Ratau. Die jongste verslag van die verskaffingsmaatskappy dui aan dat produksie stabiel is op 80%. Vanaf gister, 19 Januarie 2021, het die verskaffingsmaatskappy chloor vir die Stad Kaapstad verpak in ooreenstemming met die bestaande ooreenkoms.