Skip to main content

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde het president Cyril Ramaphosa gister vergesel na die bekendstelling van die koalisie om Afrika se toegang tot gevorderde gesondheidsorg (AAAH)-koalisie te versnel en die amptelike opening van die NANTSA-entstofvervaardigingskampus in Kaapstad.

“AAAH se groot belegging in Kaapstad sal investering in die Wes-Kaapse gesondheidstegnologiebedryf met ongeveer R1 miljard ’n hupstoot gee en werk skep.”

Die bekendstelling van Afrika se koalisie vir toegang tot gevorderde gesondheidsorg (AAAH) met NANTSA is daarop gemik om ‘n miljard dosisse van die COVID-19-entstof teen 2025 te vervaardig. Die koalisie beoog ook om innoverende vervaardigingstegnieke te vestig om nuwe behandelings vir lewensgevaarlike siektes te verskaf insluitend kanker, COVID-19, tuberkulose en MIV/vigs.

“Ek het die geleentheid gehad om saam met President Ramaphosa hierdie bekendstelling vandag te verwelkom, gelei deur dr Patrick Soon-Shiong, wat biotegnologie- en farmaseutiese maatskappye, verskeie regeringsvlakke, NRO’s en akademie insluit – om hierdie vervaardigingsektor te versterk.

“Die feit dat hierdie belegging net hier in Kaapstad plaasvind, is goeie nuus vir ons ekonomie, wat reeds ‘n groeiende gesondheidstegnologiesektor het en goed geposisioneer is om oor die volgende dekade te groei. Dit is van kritieke belang aangesien ons op die tweede pandemie van werkloosheid fokus, deur die werk te skep wat ons nodig het om te herstel.

“Dit is ook inspirerend dat Kaapstad ‘n groot rol sal speel om te verseker dat toegang tot lewensreddende entstowwe regoor die Afrika-kontinent verkry word. Regdeur ons inentingsprogram het ons beklemtoon dat toegang en billikheid ononderhandelbaar is tot ‘n suksesvolle program omdat elke lewe saak maak en geen mens moet agterbly nie. Dit behoort die geval te wees binne Suid-Afrika, maar ook regoor die wêreld.

“Ek is ook opgewonde oor wat dit vir ons gevestigde gesondheidstegnologiesektor in die provinsie beteken. Hierdie sektor het in 2019 byna ‘n miljard Rand (R912,3 miljoen) in mediese toerusting en farmaseutiese uitvoere gegenereer. Tussen 2015 tot 2019 het farmaseutiese uitvoere ‘n jaar-tot-jaar-toename beleef.”

Die Wes-Kaapse regering het ook sedert 2011 besighede in die biologiese, farmaseutiese en entstofruimte meer algemeen ondersteun deur saam te werk met Wesgro, die Stad Kaapstad se ekonomiese beleggingseenheid en die departement van wetenskap en innovasie om groei te ondersteun.

Leave a Reply