Skip to main content

Louis Liebenberg, ‘n bekende sakeman in die diamant- en edelmetaalkringe, se geharde besigheidsfront het ook ‘n sagte, kunstige kant.

Hy het twee aanlyn Afrikaanse Dig- en Skryfgroepe asook ‘n aanlyn Akademie vir nuwe en gevestigde skrywers die lig laat sien. Liebenberg is self ‘n uitmuntende digter, maar een van sy voorliefdes is om saans die plasings op sy diggroep te lees.

Dié privaat groepe het al etlike duisende lede en het onlangs ook van die lede se gedigte regstreeks begin uitsaai. Floris van Zyl, ‘n onderwyser en inwoner van Rawsonville, was die breinkind agter die gewilde program.

Liebenberg borg minstens twee maal per jaar die grootste dig-en skryfkompetisies wat nog ooit in ons land aangebied is. Die prysuitdeling van elke kompetisie is op sigself ‘n reuse prys en luukse bederf vir die top deelnemers wat in elke laaste rondte as wenners uittree.

Diggroep vir Beginners en Begaafdes en Skryf jou Storie is die twee platforms waar ek die voorreg het om as bestuurshoof op te tree, gesteun deur ‘n wonderlike admin-span en ‘n fantastiese ledetal. Hier is ons een groot familie en deel ons deur middel van gedigte en stories die wel en weë van elke digter en/of skrywer,” sê Magda de Korte.

“Vi’ my is ‘ie blaaie interessant. Deelname is taalverrykend en terapeuties van aard,” meen Hendry Kortje.

“Sjoe! Ek dink die nuwe kompetisie is puik. Floris se regstreekse uitsendings en die prysgeld daaraan verbonde is ‘n briljante idee! Ons is ‘n groep mense wat omgee vir ons taal en vir mekaar,” sê Retha Lochner.

Floris van Zyl se kommentaar oor die skryfblaaie: “Dit gee die ou op straat die geleentheid om Afrikaans, sý taal, op te hef deur middel van poësie, en die blaaie skep ‘n ongelooflike ondersteuningsnetwerk vir skrywers/digters.”

“Ek voel skatryk om op die blaaie tussen kunstenaars te beweeg wat kan skilder met woorde. Ek moet erken dat ek baie lanklaas ‘n boek opgetel het om te lees, maar dan besef ek dat dit onnodig is want hier word ons blootgestel aan soveel genres dat jou siel daagliks gevoed word. Ons liefde vir die mooiste taal, AFRIKAANS, en ons liefde vir skryf, hetsy stories, prosa of gedigte, word mildelik hier voorgesit,” sê Tish Swanepoel.

“Hierdie is die eerste dig- en skryfplatvorm wat ek teëkom waar die wit en bruin mense hulle siele in woorde kan omskep, en dat dit deur die lesers op die blad waardeer en aanvaar word sonder negatiewe kommentaar. Die kuns uit mense se harte word omhels, maak nie saak of dit nie in ‘n ‘korrekte formaat’ aangebied word nie,” vertel Sonja Brown.

Forever Diamonds &Gold

Liebenberg se unieke, vinnig-groeiende konsep, Forever Diamonds & Gold, (FDG) is in Maart 2020 in die lewe geroep.

Die doel van hierdie beginsel is om finansiële vryheid aan die Afrikaner en die Nama te bied. Liebenberg het sy nou al bekende slagspreuk: ‘die minerale rykdom hoort in die hande van gewone mense’ sedert 2004 driftig in die media, in howe en gedurende optogte uitgebasuin.

Forever Diamonds & Gold myn, verhandel, slyp en gradeer edelstene, en tree ook op as ‘n middelman tussen delwers en handelaars, met die korrekte permitte en lisensies in plek.

Alle winste word deur vennote gedeel.

Hy beoog om ook in die nabye toekoms ‘n slypskool te open om werklose jeugdiges die kans te gun om iets te leer wat hulle kan gebruik om ‘n inkomste te genereer.

Ons visie:

Om ‘n konsep wat met 12 Forever Diamonds & Gold vennote begin het en gegroei het tot meer as 8000 aktiewe lede regoor Suid-Afrika, Namibië, Australië en die VSA, verder te bevorder.

Dìt sodat die Afrikaner en dié wat met Forever Diamands & Gold assosieër, finansiële bevryding kan bekom te midde van skreiende diskriminasie teen hom in die markplek en wetgewing.

 

Ons missie:

Om die minerale rykdom in gewone Afrikaners se hande te plaas deur die aankoop van myne, ontginning en handel in diamante, goud en silwer.

 

Besigheidsbewrywighede

Om deel te word van hierdie grootse poging, waar jý ‘n geleentheid kan kry om met ‘n gesamentlike ondernemingsooreenkoms finansieël kan groei, doen regstreeks aansoek by inligting@tariomix.com.

 

Om ‘n vennoot te word, sal jy die volgende dokumente benodig:

  1. ‘n Afskrif van jou ID dokument.
  2. Bewys van jou woonadres (nie ouer as 3 maande nie).
  3. Foto van jou gesig (selfportret).
  4. Sluit aan by ons Facebookblad: Tariomix – Diamonds and Gold

 

Kontak gerus ons kantoor by (010) 534-8551 vir meer inligting omtrent Forever Diamonds & Gold.

Leave a Reply

error: Content is protected !!