Skip to main content

Bryanston se Organiese Mark is Johannesburg se oudste buite-mark wat in 1976 gestig is. Die mark bied vars kosse wat organies gekweek is, asook handwerkprodukte soos klere, geskenkies en juweliersware.

Alles by hierdie mark word van natuurlike materiale gemaak. Bo en behalwe die 140 stalletjies wat natuurlike produkte verkoop, is hier ook musiekvertonings, doendinge vir kinders en 4 eetplekke!

Waar?   Culrossweg 40, Bryanston, Johannesburg | 27 (11) 706 3671 | enquiries@bryanstonorganicmarket.co.za

Wanneer? Dinsdae en Saterdae vanaf 9:00 tot 15:00.

Leave a Reply

error: Content is protected !!