Skip to main content

Nyameko Hlala (28) is in aanhouding na ‘n kort verskyning in die Oos-Londen landdroshof gister vir sy beweerde deelname aan die kontantroof wat die naweek buite ‘n Oos-Londen winkelkompleks plaasgevind het.

Twee gewapende verdagtes het na bewering Saterdag G4S-sekuriteitswagte buite een van die groothandelaars beroof. Hulle het daarin geslaag om weg te kom met die geldkas en het in die rigting van Reeston gevlug. Hulle het glo weggejaag in ‘n wit dubbelkajuitbakkie sonder registrasieplate wat in die omgewing geparkeer was.

Die Valke se Ernstige Misdaad-ondersoekspan was een van die rolspelers wat na die toneel ontbied is. Hulle het dadelik met die ondersoek begin. Die wegkomvoertuig is later verlate gevind nadat dit in ‘n huis in Reeston vasgery het. ‘n Voorlopige ondersoek het die eienaarskap van die genoemde voertuig by ‘n adres in Ezibeleni aan die lig gebring.

Omstreeks middernag op dieselfde dag het Hlala by Ezibeleni-polisiestasie ingestap en beweer dat hy vroeër die dag deur onbekende individue in Oos-Londen gekaap is. Hy het verder gesê dat die kapers hom ontvoer het en vasgebind ‘n verlate hut agtergelaat het.

Lede van die Valke in Queenstown is na die stasie ontbied om ‘n onderhoud te voer met die slagoffer wat na ‘n bekentenis blyk die oortreder te wees. Ondersoek om die ander moontlike verdagtes op te spoor duur voort. Die saak teen Hlala is tot 25 Januarie uitgestel hangende verdere ondersoeke en vir ‘n borgtogaansoek.

 

  • Intussen is drie Oos-Kaapse maatskappydirekteure en ‘n regspersoon in ‘n onverwante saak verlede Maanda, deur die Mthatha-landdroshof skuldig bevind aan belastingontduiking. Die skuldigbevinding en vonnis volg op ‘n ondersoek deur die Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan van die Valke nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) die groep in September 2018 aangemeld het.

Villiers Ndabazandile Beta (64), Mzimasi Siyotyolo (72), Funeka Ndima (43) is van bedrog beskuldig nadat hulle versuim het om belastingopgawes in te dien gedurende die jaar 2016 tot 2017. Hul eerste hofverskyning was in Desember verlede jaar nadat dagvaarding aan hulle beteken is.

Die hof het die drie tot ‘n boete van R8 000 elk gevonnis of 4 maande gevangenisstraf opgelê. Die vonnis is egter vir 5 jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie ‘n soortgelyke oortreding tydens die opgeskortte tydperk pleeg nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!