Skip to main content

Die finansiële adviesfirma Rothschild & Co en Eskom Holdings se krediteure het koppe bymekaar gesit om die kragreus se finansiële situasie te probeer omswaai sodat dit van sy skuldlas kan ontslae raak asook weer winsgewend kan handel dryf.

Volgens ingeligtes, wat anoniem wil bly, is daar sprake dat die staatsbeheerde maatskappy besig is met stappe om dit in drie entiteite te verdeel.

Eskom se skuldlaas beloop tans R392 miljard ($25,4 miljard).

Om Eskom te red is nie ‘n maklike taak nie, en die kragreus het reeds sedert 2019 aangevra dat die regering helfte van die skuldlas moet afskryf.

In ‘n voorlegging wat verlede maand gepubliseer is, het die nutsmaatskappy gesê dat hy “glo dat die ontbondeling van die transmissie-eenheidbesigheid aan die National Transmission Co. van Suid-Afrika nie Eskom se bestaande skuldfasiliteite negatief sal beïnvloed nie.” Hulle kan egter niks doen as die krediteure nie toestem nie.

Krediteure is bang dat die maatskappy nie lenings sal kan terugbetaal nie. Onversekerde krediteure staan ‘n kans om die grootste verlies te ly. Die regering borg sowat 74% van Eskom se skuld.

Eskom se dollar-opbrengste het tot die hoogste vlakke sedert Maart geklim, in ooreenstemming met die styging in globale opbrengste namate die Federale Reserweraad nader aan die verhoging van rentekoerse beweeg. Maar die premie wat beleggers eis om die maatskappy se onversekerde skuld te hou eerder as effekte wat deur die regering gewaarborg word, het die afgelope weke uitgebrei, wat ‘n mate van beleggersangs suggereer, berig BusinessTech.

’n Woordvoerder van Rothschild wou nie kommentaar lewer nie. Eskom kon nie dadelik kommentaar lewer nie.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!