Skip to main content

Drie mense sal binnekort in die hof verskyn vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n moordsaak waar ‘n vrou wreed vermoor is by ‘n nagklub in Dagbreek, Welkom.

Lede van Thabong-misdaadvoorkomingseenheid het op eergister twee vroue gearresteer vir hul beweerde betrokkenheid by die moord op ‘n 22-jarige vrou by ‘n nagklub in Dagbreek. Lede het inligting ontvang oor waar die twee vroue wat na bewering by die moord betrokke was, hulle bevind het en hulle is in hegtenis geneem.

Die slagoffer was op 08 Januarie by haar werkplek toe sy wreed deur ‘n groep mense vermoor is.

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, is na die Welkom-speurtak geneem waar meer inligting na vore gekom het. Dit het gelei het tot die inhegtenisneming van die derde verdagte, ‘n persoon wat glo die meesterbrein agter die moord is.

Die twee vroue van 23 en 29 jaar oud en ‘n 25-jarige man sal vandag in die Welkom-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!