Skip to main content

Die Kabinet se groep veiligheidsministers het in 2016 ‘n desperate poging aangewend om die Guptas se uitgebreide web van geldwassery geheim te hou deur te poog om die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) oor te plaas vanaf die Departmenet van Finansies na die justisie- of intelligensieportefeuljes.

Die inligting is vervat in ‘n beëdigde verklaring van ‘n senior burokraat by die Nasionale Tesourie, Ismail Momoniat.

Momoniat beweer dat, in Julie 2016, die veiligheidskluster se kabinetslede – die destydse ministers van staatsveiligheid (David Mahlobo), justisie en grondwetlike ontwikkeling (Michael Masutha), verdediging en militêre veterane (Nosiviwe Mapisa-Nqakula) en polisie ( Nathi Nhleko) – het die aanneming van die FIC-wysigingswetsontwerp opsetlik vertraag.

Leave a Reply