Skip to main content

Dispute tussen Zoeloe-koninklike familielede oor wie die troon sal bestyg, het drama binne en buite die Pietermaritzburg-hooggeregshof in KwaZulu-Natal tot gevolg gehad, berig Daily Maverick.

Sibongile Winifred Zulu, koning Goodwill Zwelithini se eerste vrou, beweer sy is geregtig op 50% van die oorlede monarg se boedel. Intussen wil koningin Sibongile Winifred se twee dogters, prinsesse Ntandoyenkosi Zulu en Ntombizosuthu Zulu-Duma, hê die hof moet koning Zwelithini se testament tot ‘n vervalste dokument verklaar.

In die testament het wyle koning Zwelithini sy derde vrou, wyle Mantfombi Dlamini Zulu, as die regent benoem. Koningin Dlamini Zulu het op haar beurt haar eie testament geskryf waarin sy haar eie seun, Misuzulu Sinqobile kaZwelithini, as die opvolger van die ontslape Zoeloekoning benoem het. Prins Misuzulu se aanspraak op die troon in Mei 2021 is destyds sterk betwis.

Leave a Reply