Skip to main content

‘n Vrou is dood terwyl ‘n tweede vrou om haar lewe veg nadat sy gisteraand deur weerlig in Kempton Park getref is.

Paramedici van Emer-G-Med het omstreeks 18h00 op die toneel op Jonesweg gereageer.

Na nadere ondersoek het die span twee vroue gevind, die een vrou het geen teken van lewe getoon nie en sy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die tweede vrou was in ‘n kritieke toestand en verskeie gevorderde lewensondersteunende intervensies was nodig om haar te stabiliseer voordat sy per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeing.

Leave a Reply