Skip to main content

‘n Skaars swart carbanado-diamant van 555 karaat, genaamd Die Enigma, is gister in Dubai aan die publiek bekend gestel.

Die verwagte verkoopprys is ongeveer vyf miljoen dollar.

“Om ‘n natuurlike fasetvormige swart diamant van hierdie grootte te hê, is ‘n uiters seldsame gebeurtenis en die oorsprong daarvan is in raaisel gehul – wat vermoedelik geskep is óf van ‘n meteoriese impak óf eintlik uit ‘n diamantdraende asteroïde wat met die Aarde gebots het,” het Sophie Stevens van Sotheby’s in ‘n verklaring gesê.

Volgens ‘n berig op NDTV het die naamlose eienaar daarvan dit nog nooit in 20 jaar aan die publiek gewys nie.

Dit was een van die moeilikste stowwe om te slyp. Die vorm daarvan is geïnspireer deur die Midde-Ooste palmvormige simbool van mag en beskerming, die Hamsa, wat ook met die nommer vyf geassosieër word.

“Dit is baie anders as ander stene,” het Stevens oor die juweel, wat ’n Guinness-wêreldrekord hou as die grootste geslypte diamant, gesê.

Leave a Reply