Skip to main content

President Cyril Ramaphosa het ‘n bedekte klap na Lindiwe Sisulu, die minister van toerisme, geswaai ná haar onlangse aanval op die regbank en Grondwet.

Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê dat die Grondwet en demokratiese staat ten alle koste beskerm moet word. Sisulu het gevra of die Grondwet genoeg gedoen het om ‘strukturele kwessies wat deur apartheid meegebring is’, te hanteer.

In haar mees onlangse reaksie, gepubliseer op IOL, het Sisulu gesê die Grondwet is ‘n “mensgemaakte” en histories gekontekstualiseerde dokument.

Leave a Reply

error: Content is protected !!