Skip to main content

ISAAC CLOETE

Hoe meer versamelaars van beskermde vetplante vasgetrek word, hoe meer bly dié soort bedreigde plante verdwyn.

En hoe hoër word die bedrae wat betrokke is asook die boetes. Dit beloop nou al etlike honderde duisende rande volgens syfers wat beskikbaar is.

Die jongste statestiek volg nadat nog vier persone (tussen 21 en 34) van Pofadder onlangs in hegtenis geneem was vir die besit van beskermde vetplante. As gevolg van info vanaf die publiek het die polisie ‘n voertuig wat verdag gelyk het, hier deursoek.

Hier het hulle op 1596 conophytum fredericea afgekom. Die waarde is ongeveer R110 000. Kragtens die natuurbewaringswet (9/2009) word die plante as beskermd gereken.

Die polisie het ook beslag gelê op ‘n Toyota dubbelkajuitbakkie. Hulle sou reeds in die hof  op Pofadder verskyn het.

Kapt Paulus Swartbooi voel dat die plaaslike mense  eerder bematig moet word sodat hulle presies weet watter plante bedreigd is of nie. Sodoende sal die natuurlike hulpbronne van Namaland nie so onnodig vernietig word nie, he hy vertel.

Conray Saal van Port Nolloth wou weet wie se plig dit is om die plaaslike mense in te lig oor wat bedreig is of nie. Of wat beskerm is of nie. Hy het gevra: “Waar kan die mense permitte kry om die plante wettig te verkoop. Ek sien dan dat selfs vulstasies en kafees hierdie sogenaamde bedreigde plante verkoop.”  

Mariah Strachan ook van Port Nolloth  het gesê dat groot farmaseutiese maatskappye die plante verwerk vir produkte. So maak hulle miljoene, terwyl die plaaslike mense krepeer.

Baie mense in die Springbok-omgewing het anoniem vertel dat hulle die  een of ander “vreemde of bedreigde plante” van die omgewing in hul tuine het. Derhalwe wonder hulle nou of  hulle ook kriminele is.

* Vroeër was drie Namakwalanders ook met die “groen diamante” gevang. Volgens die polisie van Moreesburg was hulle vasgetrek na ‘n wenk van die publiek.

Altesame 2331 plantjies  was in die voertuig gevind. Die meeste is waarskynlik bedreigde spesies, en afkomstig van die Namakwaland-omgewing volgens ‘n ingeligte. Kontant ter waarde van R80 000 was ook hulle besit gevind en op beslag gelê.

* Net onlangs was nege  persone, afkomstig van die Springbok-omgewing, ook gevang. Hulle was in Elsiesrivier, naby Kaapstad, vasgetrek na ‘n ondergrondse operasie.

Hierby was die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies van Kuilsrivier en Springbok betrokke. Hulle het gesamentlik die operasie uitgevoer en die nege betrap vir die onwettige besit van beskermde plante.

Hiertydens het die polisie 3 500 conophytum achabense ter waarde van R 200 000 gekonfiskeer. Ook was conophytum fredericea ter waarde van R150 000 gekonfiskeer.

Leave a Reply