Die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRDD) het die koopbewyse wat hy aan begunstigdes, boere wat goedgekeur is om bystand van die Presidensiële Indiensneming Stimulus (PES)-skema te ontvang, gekanselleer.
‘n Kleinskaalse veeboer van KwaSwayimane in KZN, Thulani Mzila, het sy koopbewys in November verlede jaar ontvang.
“Ek het na ‘n plek in Wartburg gegaan waar ek gewoonlik beeste koop. Die mense daar het egter vir my gesê hulle is nie geakkrediteer om die staatsbewys te verwerk nie. Ek is toe aangesê om Pietermaritzburg toe te gaan waar ek mense sal kry wat die koopbewyse mag verwerk.”