Skip to main content

Die Verenigde State vrees dat Rusland voorberei om Oekraïne binne te val as diplomatieke gesprekke faal. Dìt nadat ‘n massiewe kuberaanval Oekraïense regeringswebwerwe lamgelê het.

Moskou het dit as twak afgemaak, hoewel daar meer as 100 000 Russiese troepe op sy buurland se grense versamel het en Vrydag foto’s van meer van sy magte ‘aan die beweeg’ het vrygestel.

Die kuberaanval – wat volgens Kyiv se staatsveiligheidsdiens tekens van Russiese betrokkenheid getoon het – het ontvou ure nadat veiligheidsgesprekke Donderdag afgehandel is met geen deurbraak tussen Moskou en Westerse bondgenote nie, berig Reuters.

Oekraïne het gesê sy president, Volodymyr Zelenskiy, het ‘n drierigtingvergadering met die leiers van Rusland en die Verenigde State voorgestel. Zelenskiy se stafhoof, Andriy Yermak, het gesê die “lewe en dood” van sy land het in die weegskaal gehang.

Leave a Reply

error: Content is protected !!