Afrika se medisinale kannabis-mark sal na verwagting teen 2023 ongeveer $7,1 miljard werd wees, berig Phobition Partners, ‘n navorsings- en konsultasiefirma wat handel dryf in die wettige dagga-industrie.
‘n Kanadees-gebaseerde korporasie, Intadose Pharma, het in Desember verlede jaar 2,125 ton medisinale kannabis na Noord-Masedonië vanuit Suid-Afrika gestuur. Dit is ‘n rekord-versending vir ons land.
Marokko het ook die produk verlede jaar gewettig. Hul voer jaarliks US$13 miljard se dagga na Europa uit.
Markgrootte sal soos volg wees indien ‘n vereiste wetgewing in werking tree: Nigerië (VS$3,7 miljard), Suid-Afrika (VS$1,7 miljard), Marokko (VS$900 miljoen), Lesotho (VS$90 miljoen), en Zimbabwe (VS$80 miljoen).
Cannabis is die mees gekweekte dwelm in die wêreld.