Genadedood kan een van die moeilikste keuses wees wat jy ooit sal moet maak vir jou troeteldier.
Die genadedood van `n geliefde troeteldier is `n moeilike tyd vir almal wat daarby betrokke is. Dit kan egter minder spanningvol wees as jy voorbereid is en weet wat om te verwag.
Praat met jou veearts oor jou besluit. As jy wil hê dat die genadedood by die huis plaasvind, moet jy uitvind of daar so ‘n opsie is.
Eerstens moet jy besluit of jy tydens die prosedure teenwoordig wil wees. So hartseer as wat dit kan wees om te kyk hoe jou troeteldier uitgesit word, moet jy onthou dat jou teenwoordigheid `n troos sal wees vir jou dier gedurende sy/haar laaste oomblikke.
Wanneer moet so ‘n besluit oorweeg word?
Wanneer jou ou dier se lewensgehalte vir hom/haar onleefbaar word.
Algemene tekens van swak lewensgehalte sluit in verlies van eetlus, gebrek aan belangstelling in speelmaats, speelgoed of ander mense.
‘n Personeellid van Die Waarheid het by die Wet Nose Diereklinieke aangeklop toe sy besef het die tyd het aangebreek om die groot besluit te neem vir haar twee Scottish Terriers, McLaglen (Mackie) en McGuinness (Goenie bear).
“Die diens en bystand was flink en uiters professioneel, van die ontvangsdame tot by die verpleegsuster. Die manier wat Dokter Helizna Swart die situasie hanteer het, was van uitstaande gehalte” het Doreen Vermaak gesê.
Wetnose Animal Rescue Centre is ‘n geregistreerde “REG OP LEWE” organisasie wat betrokke is by die rehabilitasie van verlate, verwaarloosde en mishandelde diere.
Die Diereklinieke is oop vir die publiek!
Wet Nose Animal Rescue Centre het hul deure van hul Diereklinieke vir die publiek oopgemaak om die gemeenskap meer bekostigbare gesondheidsorg vir hul troeteldiere te gee, terwyl jy die voordele geniet van die barmhartige dokters en verpleegsters. Daarbenewens beteken die ondersteuning van die klinieke dat jy ook meer as 500 diere by die Wet Nose Animal Rescue Centre sal ondersteun, aangesien alle opbrengste van die Diereklinieke direk na die versorging van die “Shelter Animals” gaan!
Wetnose het ook spesiale aanbiedinge vir die nuwe jaar.
Kontak hulle gerus by die volgende nommers. 013 932 3941 / 0826778086 of
besoek hulle op Facebook vir meer inligting.