Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur nadat ses gevangenes uit aanhouding ontsnap het. Die gevangenes het ontsnap terwyl hulle vroeër vandag na die hof op Vosloorus onderweg was.
Volgens berigte is die polisievoertuig wat die gevangenes vervoer het deur drie gewapende mans, wat ‘n silwer Audi bestuur het, op die hoek van Barry Marais- en Rondebultstraat, oorval.
Vyf van die ses ontsnaptes moes in die hof verskyn het vir sakeroof, poging tot moord en die besit van ongelisensieërde vuurwapens. Die sesde ontsnapte sou in die hof verskyn het vir ‘n saak van winkeldiefstal.
Die vyf gevaarlike voortvlugtiges is:
Nkululeko Nkomo
Robert Hlatshwayo
Thulani Dube
Augustine Moyo
Mbongiseni Mkandla