Die Zimbabwiese pastor, Passion Java, het 2022 vir hom as “Die Jaar van Geld” toegeëien deur sommer af te skop met die betaal van ‘n R1,3 miljoen rekening by ‘n Pretoriase restaurant.
Gaste wat ingesluit was, was onder andere sy persoonlike assistent Boss Lashaan en biskop Joshua Muchena by die privaat partytjie te die weelderige 012 Lifestyle Brooklyn-restaurant.
Java het aan News24 gesê hy was al ‘n geruime tyd in Suid-Afrika en beplan om terug te keer Zimbabwe toe. Maar voordat hy vertrek het, wou hy ‘n “pret aand” hê, aangesien hy in sy leeftyd “geseënd” was.
Is liefde vir geld die wortel van alle kwaad? Nie volgens die ‘profeet’ nie.